Spesiale Olimpiade

Opening van die 2003 Spesiale Olimpiese Somerspele in Dublin, Ierland.

Die Spesiale Olimpiade is 'n internasionale organisasie wat persone met verstandelike beperkinge help om hulle selfvertroue, sosiale vaardighede en fisiese kondisie te verbeter. Hulle organiseer ook die Spesiale Olimpiese Wêreldspele elke vier jaar. Die Spele vind die jaar voor die "normale" Olimpiese Spele plaas.

Die eed wat die atlete voor die wedstryde aflê is: "Let me win. But if I cannot win, let me be brave in the attempt" (Laat my wen. Maar as ek nie kan nie, laat my braaf probeer). Die leuse van die Spesiale Olimpiade is: meedoening is belangriker as die oorwinning.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search